Lys jou Simonstad besigheid

Soek    


Kliek hier om jou besigheid met ons te lys
The Flagship


 
Kontakbesonderhede

Webwerf: www.chefbrucerobertson.com
Adres: 15 Erica Straat Simonstad


Meer oor ons

Wat maak van ‘n restaurant in Simonstad die nr 1 restaurant, soos aanbeveel deur Tripadvisor se onafhanklike paneel van resesente? Soos ons, moet julle eenvoudig self gaan uitvind. Die behoort op elke besoeker aan die Kaap van Goeie Hoop se top doen dinge se lys te wees. Die is sowaar ‘n “bucket list” ervaring!

Die Flag Ship in Simonstad is die fynproewers tuiste van die voormalige wêreldbekende sjef Bruce Robertson, wat nou besit en bestuur word deur die net so bekende sjef Duncan Doherty. Daar is slegs spasie vir 14 gaste per dag om aan te sit aan ‘n vyfgang Seekos maaltyd bedien met Graham Beck wyne en vonkelwyn. Hierdie ervaring word gepas beskryf as ‘n voedsel teater ervaring! Die Flag Ship is die sjef se persoonlike woning en hy is nou betrokke met jou “restaurant” ervaring.

Vergeet van Master Chef op televisie! Hierdie is Master Sjef van Simonstad en jy is die spesiale gas, ‘n ervaring wat jy , en jou gade nooit sal vergeet nie. Die ideale ervaring om mee te maak tydens jou wittebrood of dalk selfs beter voor jy oorweeg om die groot ja woord te vra. Dalk vir die wie langer getroud is , die geleentheid om vir ma jammer te sê or die baie ure op die gholfbaan tydens die vakansie. Maak nie saak watter verskoning jy wil gebruik nie, The Flag Ship is eenvoudig ‘n belewenis om nie te mis nie.

As die vriendelike personeel, die sjef se persoonlike aandag nie genoeg is nie, is daar nog boonop ‘n ongelooflike uitsig oor die see om te beleef.

Die ete wat gewoonlik om 13:00 begin duur gewoonlik so lank tot 16:30 sonder dat jy dit besef. Die sjef kom deel persoonlik die spyskaart en die bestandele, iets wat jy nie by ‘n gewone restaurant sal ervaar nie. Wees verseker dat na ‘n besoek aan hierdie restaurant dat jy nooit weer met dieselfde oë na ‘n ander restaurant sal kyk nie. Hier word kos behoorlik gevier soos dit hoort.

Daar word aangesit aan ‘n gemeenskaplike tafel en jy sal verskoon word as jy jouself verbeel dat jy in die Krugerwildtuin of bo op Tafelberg is met hul interessante mengelmoes van plaaslike en oorsese besoekers.

Dit is ook nie nodig om te dink dat jy na die tyd by die Spur of Steers moet stop omdat jy steeds honger is nie. Na hierdie 5 gang maaltyd sal jy versadig wees en jou siel verkwik. Jou beplanning en bekommernis behoort eerder te wees oor wie die aand / naweek na die kinders gaan kyk. Die Flagship is ook ‘n Gastehuis waar jy ‘n besonderse romantiese naweek kan beleef.

Op die spyskaart soms is interessanthede soos padda boudjies en seewier spaghetti met sout. Moenie bekommerd wees nie! Hierdie is nie ouma se bangmaak kos stories nie maar die beste kos ervaring waarvan jy jou vriende nog lank van sal vertel.