Lys jou Simonstad besigheid



Kliek hier om jou besigheid met ons te lys
Ark Rock Villa


 
Kontakbesonderhede

Kontak persoon Noel von Wildenrath (noelvonwildenrath@gmail.com)
Selfoon Nommer: Owner 0824909992 (Noel)
Landlyn: Managing Agent 0762456199 (Lisa) Bookings 07690562
Epos: lisa@villaapartmentmanagement.com
Adres: 45 Jan Smuts Rylaan Simonstad


Meer oor ons

Hierdie pragtige groot selfsorg huis bied die volgende akkommodasie opsie in Simonstad:

Algemeen

Die dubbelverdieping huis kan as 'n geheel gehuur word of slegs gedeeltelik. Die maksimum aantal persone op die boonste en onderste verdieping is 6. Dus 12 persone maksimum indien die hele huis gehuur word.

  • 6 Slaapkamers ( 3 slaapkamers bo en 3 onder)
  • 4 Badkamers (2 badkamers onder en twee bo)
  • Seeuitsigte
  • Opsigter wat op die perseel woon
  • Gemeenskaplike swembad (veiligheids kwessie met klein kinders,trappe)

Leef en Eet

  • Sitplek vir 6
  • Gemaklike sitkamer
  • Volledige DSTV

Kombuis

  • Ten volle toegerus met alle noodsaaklike geriewe insluitend 'n wasmasjien

Naby geleë

Ark Rock Villa is geleë naby aan die Simonstad Buiteklub waar Gholf, Rolbal, Muurbal beoefen word en ook met sy eie kroeg en restaurant fasiliteite. Sondae word 'n heerlike buffet ete bedien. Daar is ook 'n verskeidenheid van restaurante, museums en winkels in die nabye omgewing. Dit is 'n kort rit tot binne in die gewilde Kaappunt Natuurreservaat waar die twee oseane mekaar ontmoet.

Aktiwiteite in die nabye omgewing:

In die winter: Haaihok duik, Diepsee hengel, Bootreise. In die somer: Snorkel en swem met robbe, Pikkewyne by Boulders Strand en Seaforth strand. 

Die sentrale Kaapstad besigheidsdistrik en die Wynlande van Stellenbosch en die Boland is maklike half - of voldag reis en ontspan bestemmings vanaf Simonstad.

Vir direkte webwerf besprekings deur die verhuringsagente:

 

 









Ander
Bookings