Die top dinge om te doen wanneer mens Simonstad besoek

Wanneer mens Simonstad besoek is daar baie dinge om te doen. Ons verdeel die afdeling in dinge wat mens in Simonstad self kan doen, dinge naby Simonstad (Die Suid-Skiereiland) en dan die ander belangrike dinge om te doen verder aan tot by die Wynroetes van die Boland en Omgewing.

Belangrike wenk:

Indien u byvoorbeeld Tafelberg in die stad wil gaan besoek of selfs verder ry na byvoorbeeld Clarence drive sal u of baie vroeg moet vertrek of liefs vanaf Simonstad via Ou Kaapse Weg verder reis na u bestemming vir die dag. Die verkeer kan mens maklik vasvang indien u die verkeerde roete kies.

Dinge om by Simonstad te doen:

  • Pikkewyne van Boulders (Soms kan mens by Seaforth Strand saam met die Pikkewyne swem). Die strandjie is beter beskut as die wind kwaai waai en die water in die warm somermaande draaglik na lekker
  • Besoek die speelgoed museum
  • Besoek die lewendige Duikboot Musuem
  • Rots en strand hengel
  • Besoek die Suid-Afrikaanse Vloot Musuem
  • Reis per trein vanaf Simonstad na waar u wil. U kan dalk selfs vanaf Kaapstad Stasie verder per trein reis na die Wynlandgoed Spier.
  • Gaan duik saam met die Groot Wit Haaie
  • Gaan op ‘n boottoer
  • Speel ‘n potjie Gholf by die Simonstad buiteklub (Daar is selfs stokke en stoot karretjies te huur)
  • Hengel vir Tjokka vanaf Hawe muur of vanaf Kalk Baai hawe – (Seisoens gebonde)
  • Diepsee hengel
  • Geniet een van die strande
  • Skuba Duik
  • Fietsry
  • Staproetes

Dinge om naby Simonstad te doen

  • Besoek Kaappunt en Kaappunt Natuurreservaat
  • Besoek 'n mark soos die Perske Pit Mark
  • Piekniek / Sonsondergang op Chappies (Chapmans Peak)
  • Besoek Scratch Patch Mineral World - Lekker vir klein kinders
  • Duik Kreef in Kommetjie (Slegs binne seisoen). Houtpale werk ook in Kaappunt Natuur Reservaat maar jy moet dagbesoekers tariewe betaal en ook in besit wees van ‘n geldige lisensie
  • Pluk Mossels (Kry eers jou lisensie)
  • Gaan ry Perd op Noordhoek Strand
  • Gaan klim Tafelberg of neem die Kabel Karretjie
  • Besoek Rhodes Cottage by St James
  • Besoek Rhodes Memorial naby Kirstenbosch
  • Besoek Nuweland Rugby of Krieket Stadiums
  • Gaan eet vis en skyfies in Kalk Baai
  • Tradisionele handlyn hengel vanaf Kalkbaai Hawe per boot
  • Klim op die My Citi Busse en verken Kaapstad
  • Besoek Cape Point Vineyards
  • Besoek Groot Constantia
  • Kalk baai Teater of Mask Teater in Muizenberg
  • Leer branderplank ry in Muizenberg
  • Besoek die Waterfront
  • Reis per boot vanaf Simonstad na Kalkbaai met die Taxi boot
  • Besoek Ratanga Junction Tema Park
  • Neem die gesin na die Waterfront en geniet die seerowerboot, Die Jolly Rodger
  • Volg een van ons voorgestelde roetes en ontdek
  • Besoek Kaappunt Volstruis Plaas
  • Bergfiets ry op Tafeberg Nasionale Park
  • Besoek aan Reptielpark by Imhoff Gift
  • Gaan stap binne die Silvermine Natuur Reservaat