Foto :  Skrywer en sy broer Barrie Marais op Champmans Peak

Chapmans Peak

Chapmans Peak is een van die mooiste paaie om te ry in Suid Afrika. Vir my is dit naas Clarence Drive in die Overberg die mooiste pad om te ry in die Kaap. Dit is ‘n baie lekker doen ding om verniet te doen. ‘n Mens kan vanaf Simonstad na Chapmans Peak ry sonder om verby die tolhek te ry na Hout Baai. Chapmans Peak is ook ‘n duur pad om te onderhou met rotstortings wat na swaar reëns voorkom. 2015 het ook gesien dat die baie gewilde Cape Argus fietsry resies nie oor Chapmans Peak kon plaasvind nie weens die geweldige veldbrande wat die Kaap beleef het.

Dit is weens die gevaar van veldbrande dat geen vure op Chapmans Peak toegelaat word. Daar is wel uitkykplekke en piekniekplekke waar die sonsondergang bewonder kan word. Pak jou eie of bestel jou piekniek mandjie vanaf  www.espresso-kom.co.za in Kommetjie. Cape Point Vineyards wat baie naby is in Noordhoek enook asemrowende uitsigte oor die Noordhoek Vleilande en Noord Hoek Strand bied het ook ‘n restaurant en piekniekmandjies tesame met natuurlik die bekende Splattered Toad en ander wyne wat geniet kan word.