Lekker doending :  Jolly Rodger Kaapse Waterfront

Hierdie was ‘n besonderse lekker ervaring saam met my familie by die Kaapse Waterfront. Die Jolly Rodger is ‘n plesier boot wat vanuit die Kaapse Waterfront mense op kort uitstappies neem. Ongelukkig het die weer nie heeltemal saamgespeel nie en het ons nie te ver uit die hawe gevaar nie. Dit is darem opgemaak deur die feit dat ons 'n Walvis in Tafelbaai gesien het. Die algemene ervaring was net lekker. Die kinders veral het dit baie geniet.

Daar word bier en wyn verkoop op die boot as jy nie reeds genoeg gedrink het by een van die vele restaurante op die Kaapse Waterfront. Die bemanning van die boot trek soos Seerowers aan wat 'n lekker prettige algemene atmosfeer skep . Ons het die ervaring in die winter van 2014 beleef toe daar spesiale wintersaanbiedinge was. Soos baie ander dinge in die Kaap is daar gereeld goeie aanbiedinge tydens die stiller winter maande.

Foto Galery
Jolly Rodger - Kaapstad Waterfront


Jolly Rodger-195.jpg JollyRodger2-696.jpg JollyRTafelbaai-297.jpg 025-1758.JPG 027-2907.JPG 044-609.JPG 029-3396.JPG 051-4187.JPG 034-3198.JPG 056-4936.JPG 093-2668.JPG 114-2274.JPG 038-4826.JPG

Jolly Rodger-195.jpg