Die Duikboot Ervaring

Agtergrond

Die SAS Assegaai, voorheen genoem die SAS Johanna van der Merwe was die derde duikboot wat deur die Suid-Afrikaanse vloot in gebruik geneem is.

Nadat sy die Suid-Afrikaanse vloot tussen 1971 en 2003 gedien het en finaal uit diens gestel is op 28 November 2003 en op reserwe geplaas is totdat die nuwe tipe 209 duikbook vir die Suid Afrikaanse vloot gelanseer is.

‘n Klein groupie entoesiastiese vrywilligers, beide in diens en afgetrede personeel van dei Suid Afrikaanse vloot het ’n versoek ingedien dat sy bewaar word as deel van ons ryk Vloot geskiedenis.

Hierdie versoek is goedgekeur op 22 Desember 2010 en die duikboot was in haar huidige posisie geplaas en oopgestel vir toere. In haar eerste drie jaar as ‘n museum het 40, 000 besoekers haar besoek. Sodra voldoende fondse ingesamel is sal sy op land geplaas word by die Vloot museum. Tot dan het besoekers die geleentheid om ‘n lewendige duikboot, wat steeds in die water is te besoek.

Hoekom bewaring?

Behalwe dat die SAS Assegaai die derde duikboot is wat deur die SA Vloot in gebruik geneem is is sy die eerset Suid –Afrikaanse oorlogsipwat behu word as ‘n museum uitstalling en is ‘n herhinnering van ons ryk Vloot geskiedenis en spesialis tegnologiese kennis.

‘n Belangrike doel met haar bewaring is om die belangrikheid van die tegnologie en wetenskappe onder die jeug te bevorder deur besoeke en praatjies aan boord van die duikboot. Talle voorbeelde van sommige Suid Afrikaanse tegonologiese innovasies word aan boord ten toon gestel.

Besoek besonderhede

Besoekers verkry toegang aan die museum duikboot deur ‘n bus diens wat vanaf HGTS by Simonstad stasie vertrek met ‘n optel stop voor die Stadco kantoor op Jubilee Plein.

Toer groepe van tot 10 persone (12 in die geval van 3-4 kinders ingesluit in die groep) word deur dei binnekant van dei duikboot geneem deur ervare vrywillige gidse. Die gidse verskaf kommentaar op elke kompartement, alle toerusting, die lewe aanboord en ook hoe die boot funksioneer.

‘n Maksimum van 3 toer groepe word te enige tyd toegelaat aan boord op ‘n slag weens die beperkte ruimte. Voorsiening kan gemaak word vir skole of ander georganiseerde groepe in die geval van vooraf besprekings.

Kaartjies

Kaartjies is beskikbaar by die HGTS kantoor by die Stasie of die Stadco parkeer kantoor op Jubilee Plein.

Kostes: R50 per volwassene en R25 vir kinders onder 12 jaar oud.

Openings tye

Die duikboot is normaalweg daagliks oop vir besokerkers behalwe op Kersdag en Goeie Vrydag. Instandhoudingswerk is somtyds nodig op ‘n Maandag of ‘n Dinsdag en bevestiging per telefoon is wenslik wanneer daar ver gereis word. Die toere duur normaalweg ongeveer een uur.

Die busse vertrek vanaf die stasie 15 minute voordat die toere begin. Die standard bedryfs ure is:

10:00 – 14:30 (toemaak teen 15:30)

Navrae en besprekings

HGTS Toere: (021) 786 5243

info@hgtstours.com

Vloot Musuem (vir algemene navrae) : (021) 787 4686

SAS Assegaai (openings ure alleenlik): (021) 787 5266/7 (Geen besprekings)