Luukse selfsorg woonstelle

Die Uitsig Woonstelle in Vishoek is so naby aan die see as wat jy kan begeer. Enige iets nader en jy is op ’n boot! Die View is omring deur die see en die berge van Tafelberg Nasionale Park.

Daar is 7 luukse selfsorg eenhede, almal met asemrowende panoramiese uitsigte oor Valsbaai. Die eenhede word daagliks gediens en is ten volle toegerus. Ons ontbyt mandjies is ontwerp om die lewe vir jou makliker te maak. Jy kan dit by jou woonstel eenheid eet of jy kan dit saam neem en iewers op jou roete of op die strand geniet.

Die Uitsig Woonstelle is op die Hoof roete na Simonstad en Kaappunt. Net voor die eenhede is die “Jaggers” Loop vanwaar mens binne minute op Vishoek Strand kan wees.