Meer oor ons


Simonstad.co.za (‘n Virtuele Toerisme buro vir Simonstad in Afrikaans) bied jou:

  • Hulp en koordinering van Simonstad akkommodasie besprekings
  • Inligting oor verblyf in Simonstad, Aktiwiteite binne en naby Simonstad, Reisroetes vanaf Simonstad, Reis en vakansie wenke. Akkommodasie in Simonstad en naby Simonstad wissel van Gastehuise, 4 Ster Hotelle, Selfsorg huise of “Backpackers”. Ons vertel jou wat ons en ander plaaslike inwoners as die beste restaurante, wynplase en dinge om te doen beskou.
  • Ons is ook beskikbaar om te help in Afrikaans met jou vakansie en reisbeplanning na Simonstad of naby Simonstad. U kan ons kontak per epos of per telefoon en ons kyk graag hoe ons u kan help.

Die webwerf word geborg en bestuur deur plaaslike inwoners wat ook die webwerf maatskappy Buddy Web Design bestuur.

Die algemene standaard en kwaliteit van restaurante en ander toerisme instellings in Simonstad en Kaapstad is baie hoog. Die besighede wie nie presteer nie sluit vinig hulle deure. ‘n Belangrike reiswenk is om enige voorgestelde instelling op die webwerf Tripadvisor self na te vors. Ons waarborg geensins die kwaliteit van diens of inligting verskaf deur instelings op hierdie webwerf nie.

Ons lys alle besighede gratis, met voorbehoud van regte. Ons wil graag so volledig moontlik wees. Besighede wie gereeld swak resensies kry van besoekers sal van hierdie webwerf verwyder word. Enige besigheid of person kan ‘n slegte dag hê, maar volgehoue swak diens wil ons nie mee assosieer word nie.

Ons word vergoed per kommissie deur akkommodasie instellings indien ons betrokke raak met besprekings. Ons werk met uitgesoekte verblyf instelings wie persone kan bedien in Afrikaans.

Buddy Web Design word besit en bestuur deur Francois Marais en Melanie Schoeman van Welcome Glen naby Simonstad. Ons woon en doen besigheid in of naby Simonstad reeds die afgelope 6 jaar. Hierdie webwerf bied vir ons die geleentheid om besoekers aan Simonstad te help met inligting. (Vir ons voel dit amper nie soos werk nie.) Wie is nie lief vir reis, vakansies en die Kaap nie? Dit is lekker om met voornemende vakansie gangers te werk. Ons lekkerste “betaling” is om ons besoekers persoonlik te ontmoet en te sien dat besoekers tevrede is met hul verblyf en algehele vakansie ervaring. Ons is egter nie Trip Advisor of Hello Peter nie. Daar is meer as genoeg verblyf instellings om van te kies en ons hoop ons keuses is in die kol.

Daar is beperkte advertensie spasie op hierdie webwerf. Slegs die beste instellings sal kwalifiseer vir ‘n advertensie sodat daar nie afbreek gedoen word aan die kwaliteit van hierdie webwerf nie.

Ons is nie die beste Afrikaanse Taal puriste nie. Indien u spelfoute of taalfoute raaksien op die webwerf is u welkom om ons daarvan in kennis te stel en indien ons saamstem sal ons wysigings aanbring. 

Melanie Schoeman - 0768470492

Melanie op Kommetjie se Long Beach strand met Houtbaai in die verre agtergrond

Francois Marais 0745470221

Pylstert gevang in Simonstad en vrygelaat

//www.simonstad.co.za/wbusiness.php