Foto Galery


Kyk hier na fotos met beskrywing van hierdie gastehuis naby Simonstad met onverbeterlike uitsigte oor Valsbaai.

Saveur restaurant fotos.

John en Tana van Dieprivier ( nie naby Simonstad nie maar so 20 kilometer weg) het hierdie selfsorg woonstelle beskikbaar vir vakansie verhurings.

Hier is 'n paar fotos van Glencairn Strand en Glencairn omgewing naby Simonstad. Die strand is 'n lekker swemstrand en relatief veilig om in te swem. Gewoonweg nie sterk seestrome nie aangesien hierdie Valsbaai is met minder groot branders en gepaardgaande sterk seestrome. Hier is die mense lief om met hul honde te stap. Groot en klein geniet om hier te swem in die somer of dalk selfs branderplank te ry.

Simonstad Watrefront is waar bekende restaurante soos Bertha's, Salty Sea Dog, Saveur restaurant, kunsgallerye en Haai en ander aktiwiteits winkels is

Clarence Drive is geleë aan die voete van die Hottentots Hollands Berge wat sigbaar is aan die anderkant van Valsbaai vanaf Simonstad. Die pad is gebou deur Jack Clarence, die arbeid verskaf deur Italiaanse Krygsgevangenes. Die pad is ook bekend as die R44. Die R44 neems mens van Gordons Baai na die pragtige dorpies van Rooi Els, Betty's Baai, Pringle Baai en Kleinmond. Die R44 sluit anderkant Kleinmond weer by die N2 aan wat mens na Hermanus neem, net verby Arabella.

Dit is een van die paaie wat mens moet ry wanneer jy die Kaap besoek.

Vir my persoonlik is dit selfs mooier as Chapmans Peak naby Noordhoek en Houtbaai. Ek dink die een groot verskil is dat die pad nie so moeilik is om te ry soos Chapmans Peak nie. Die drywer kry ook geleentheid om die ongelooflike uitsigte te bewonder. Daar is ook vele geleentheid om te stop en die asemrowende natuurskoon in te neem.

Die Rodgers familie se vrugte en groente winkel is 'n baie lekker winkel om te besoek. Vanaf die pad (tussen Vishoek en Kommetjie) lyk die winkel na 'n tipiese plaas stalletjie. As jy eers binne is wag 'n heel ander wêreld vir jou. Hierdie foto album vertel deel van die storie.