Nuusbrief


2015-10-23
Simonstad tydens middag ete


Vir ons mense wie hier in Simonstad woon en werk is dit amper dikwels te maklik om te vergeet hoe bevoorreg ons is om hier te kan woon en werk.

Ek was ‘n uur of wat te vroeg vir ‘n afspraak en het besluit om middag ete te eet by Quarter Deck. Dit was ’n winderige dag maar ek het steeds besluit om buite te sit.

Hier is fotos van die uitsig by Quarterdeck restaurant vanaf die buite stoep.

(Ek het ‘n dubbel burger ge-eet. Baie billik teen R59,50) Ek doen nie resensies van besighede op hierdie webwerf nie aangesien ek dalk ‘n adverteerder kan verloor en na my mening as mens iewers 'n fout gaan soek gaan jy dit vind. Besighede in die toerisme bedryf het reeds die webwerf Tripadvisor wat of goed of sleg vir besigheid kan wees. Ons praat en skryf net goeie positiewe nuus op hierdie webwerf.

Die enigste uitsondering dalk is om te noem dat dit gevaarlik kan wees om in die grotere Kaapstad area alleen op verlate plekke te stap, alleen laat in die aand of tydens spitstye op die treine te ry. Dan die verdere versoek om nie bedelaars te ondersteun nie maar eerder die instellings wat hawelose mense help. Daar is gelukkig nie baie bedelaars wat rondloop in Simonstad self nie. U sal agter kom dat die meeste bedelaars kies om op straat te bly as gevolg van drank of dwelm verslawing en die waarheid is dat deur hulle te ondersteun, ondersteun u ‘n destruktiewe lewenstyl.

‘n Ander lekker verassing wat op jou wag wanneer jy Simonstad besoek is dat baie besigheidseienaars en bestuurders van besighede Afrikaans magtig is so praat gerus Afrikaans.

Hier is so paar fotos van Jubilie plein:

Let op die toerbusse. Simonstad is ‘n gewilde plek om te stop vir toergroepe oppad na Kaappunt. Daar is talle Curio handelaars wat ‘n tipiese afrika tema skep gemik veral op die oorsese besoeker aan Kaapstad. Die Kaap is die mees gewildste bestemming in Suid – Afrika vir oorsese besoekers.

Ons is besig om vir Saveur Restaurant 'n nuwe webwerf te bou. Dis 'n voorreg om vir een van Simonstad se top restaurante (tans nommer 3 op Tripadvisor) 'n nuwe webwerf te bou. Die restaurant het 'n lekker oopplan kombuis met die sjefs en personeel altyd sigbaar. Dit is duidelik hierdie maanne en vroue is trots op hul werk. Die eienaars is self persoonlik betroke by die dag tot dag bestuur van die besigheid en is daar om klante tevredenheid te waarborg. Hierdie is 'n restaurant wat beslis besoek moet word wanneer mens Simonstad besoek.