Nuusbrief


2015-11-24
Resep : Geelstert op die kole


Geelstert is 'n besonderse lekker vis om oor die kole te braai, eintlik oor die vlamme as jy dit reg wil doen. Hierdie beproefde manier van Geelstert braai het ek geleer by 'n restaurant wat daagliks Geelstert en ander vis oor die kole braai.

As jong man wat gedink het hy weet van alles het ek altyd gedink vis moet staid oor 'n baie lae hitte gebraai word. Dit kan seker werk as mens vir 'n verskoning soek om langer te kuier.

Hier is my resep vir lekker Geelstert vis op die oop vuur gebraai :

Koop een vars Geelstert +- R80 om 4-6 mense te voed. (Ons koop direk van die vissers hier naby in Kalkbaai of Simonstad) . Vir 'n sousie wat jy: voor die braai, tydens die braai en net voor jy afhaal aanwend met braai kwassie : botter, appelkoos konfyt, fyngemaakte knoffel, sout en peper. Vir stysel is porra broodrolletjies en vars egte botter in die kol! As jy nog slaai soek dan sny jy 'n tamatie in vier kwarte - een tamatie vir twee mense, bietjie rou uie ringe , blaarslaai en balsamiese asyn. Kan eksperimenteer na smaak met peri-peri. Die geheim is jy braai die vis fillete op die oop vuur onder die vlamme en net vir 7-8 minute. Vergeet daai nonsens van stadig braai. Koop genoeg wyn en vertel vir vroulief jy maak kos vanaand. Miskien kan sy die slaai aanmekaar slaan maar asb die kaas moenie ook in nie. Hierdie is 'n lekker vinnige reseppie en bedoel vir vrou om terug te staan en voel sy word bederf. Maar net dalkies kan jy so lekker oorryp Kasie so Brie en vars aarbei konfyt as pallet skoonmaker bedien , sommer so vir die lekker voor of na die maal. Dalk met 'n klein beskuitjie daarby. As dit nou sondag is en jy wil vroulief nou nog meer beïndruk koop Bar Ones met Vanilla roomys vir nagereg . Jy smelt die Bar One's vir sous , dalk met bietjie room.

Lekker man, lekker!

NS: Ons Geelstert van vandag kon eintlik 'n ete wees vir tot 8 persone.