Nuusbrief


2015-12-12
Lekker Familie Restaurant in Kaapstad


Ons het ‘n heerlike middag ete gehad by ‘n lekker familie restaurant in Kaapstad, by die Nuwelandse tak van Italian Kitchen. Hulle het ook ‘n tak in Tokai wat nader aan Simonstad is.

Nou waarom is hierdie restaurant in Kaapstad ’n lekker familie restaurant? Dit is as gevolg van die eienaar Vito Assante se visie.

Die hele Spyskaart van Italian Kitchen is aan te bevele. Die springbok Carpachio was van die boonste rakke. Ek het al amper van die hele spyskaart van Italian Kitchen ge-eet . Lekker man lekker is al manier om dit te beskryf. Dit is een van daai restaurante waar lekker sagte musiek gespeel word sodat mens met mekaar kan gesels.

Die dekor van die restaurant is lekker rustig dog klassiek en tipes wat mens sal verwag van ‘n restaurant wat Italiaans gebaseerde kosse verskaf. Die Pizza is van die boonste rakke. My vrou en broer  het die dun basis pizza bestel. Daar was geen Pizza om huis toe te neem nie. Dit vertel ‘n storie! Gelukkig vir die honde wat nie saam met die familie kon gaan nie was daar nog oorskiet maalvleis van gisteraand. Almal moet seker van tyd tot tyd bederf word, selfs die brakkies?

As jy as die hoof van jou familie aan almal se behoeftes moet voldoen is die Italian Kitchen in Tokai of Nuweland die plek om te wees. Nuweland rugby stadium is naby aan die Nuwelandse tak van die gewilde restaurant groep. In die afsienbare toekoms sal nog konsessies geopen word. Doen gerus navraag by Vito indien jy ook so familie restaurant wil open. Sien hulle webwerf vir meer inligting. www.italiankitchentokai.co.za

Daar is gereelde swart bord spesiale aanbiedinge, lekker roomys met ordentelike sjokolade sous vir die kinders. Daar is selfs vir die kinders die geleentheid om hulle eie pizza’s te rol, die ideale idee vir ‘n kinderpartytjie in Kaapstad.

Ons ete vir drie volwassenes, een kind en klein baba Ella was met 10% fooi ingesluit , R716. ‘n Baie billike bedrag vir ‘n heerlike familie ete in Kaapstad. Pa kon selfs vir hom lekker Boston Craft bier koop en ‘n Peroni of twee. Koffie het ons ete afgesluit.

Ek doen nie sommer sulke aanbevelings vir enige besigheid nie maar ek ken die Italian Kitchen groep reeds so paar jaar en ek kan hulle met ‘n geruste hart aanbeveel as ‘n top familie restaurant in Kaapstad.

Besoek hulle gerus tydens jou verblyf of vakansie in Kaapstad!

Hier is so paar fotos van ons besoek aan die familie restaurant in Kaapstad vir middagete:

Swartbord spesiale aanbiedinge

Weeksdae Pizza spesiale aanbiedinge

Die familie fees

Springbok Carpachio uit die boonste rakke

Ouboet - lekker op vakansie by die familie

Hoender Mayonaise broodjies vir sussie

Lekker Boston Kuns bier

Baie lekker Pizza's

Baba Ella eet maar pappa se nuwe beursie vir die tande sny!

Mamma en Ella, my beste vriend, my helper, alles wat hierdie man kry vir al sy moeitevolle arbeid op hierdie aarde. Meer as genoeg, meer as wat enige familie man kan vra! Baie dankie aan my Vader wat my so mooi geleer het! U het regtig baie moeite gedoen!