Nuusbrief


2016-06-25
Mooiste roete in die Kaap en Bettiesbaai se Luiperd en Pikkewyne


Vir my is die Clarence pad (R44) vanaf Gordonsbaai beslis die mooiste roete in die Kaap indien nie die wêreld nie.

Foto: Clarence pad naby Kogelbaai

Die pad is vernoem na Jack Clarence. Die pad is gebou met die hande arbeid van Italiaanse krygsgevangenes.

Ek is deesdae gelukkig genoeg om die pad daagliks te ry vanaf Kleinmond oor Gordonsbaai na Somerset Wes. Nou in die winter ry ek in die donker met sonopkoms en die laat middag wanneer die son weer vinnig sak. Dit is amper tyd vir die walvisse om te arriveer waarvan baie op hierdie roete gesien kan word.

Ook dolfyne en see voëls wat jag op sardientjies of ansjovis kan soms gesien word. Dit is baie beter om dit eerstehands in die natuur te beskou as om dit op televisie te sien.

Hier is ook gereeld Bobbejane te sien waar hulle langs die pad op soek is na moeilikheid. 

As mens verder noord ry vanaf Kogelbaai waar hierdie foto geneem is neem die pad jou verby Rooi Els, Pringle baai en dan weer Bettiesbaai.

Bettiesbaai was onlangs in die nuus oor 'n luiperd wat sy verskyning gemaak het in die daglig by Stony punt by die Pikkewyn kolonie. Die kolonie is slegs een van 3 broeikolonies vir die Afrika Pikkewyn. Die ander bekende Pikkewyn Kolonie is die by Boulders in Simonstad. Uit gesprekke met 'n vrywilliger by die klein natuurreservaatjie blyk dit dat die getal Pikkewyne in Bettiesbaai besig is om toe te neem terwyl die getalle by Boulders besig is om af te neem. Die vermoede is dat daar vir hulle meer kos is by Bettiesbaai.

Die luiperd het selfs TV nuus gehaal met Natuurbewaring wat allerhande planne beraam om die Luiperd weg te hou van die Pikewyn kolonie.

Ek het self laat een middag daar in die sterk skemer in die donker stilte te gaan sit en die mooie natuur ingeneem met twee Egiptiese Kolganse wat die musiek verskaf het. Ook die hele Pikkewyn kolonie is redelik bedrywing in die aand met een verlore Pikkewyn wat 'n hele entjie ver in die straat sy weg probeer terugvind het deur 'n draadheining. Dit blyk dat die Pikkewyn Kolonie goed doen.

Luiperds kom beslis voor in die Overberg maar beslis nie in groot getaale nie. Die luiperds het 'n ongelooflike groot ruimte waardeur hulle beweeg en miskien was my besoek aan die Pikkewyn Kolonie met die hoop om die luieperd te sien 'n bietjie naief? Dit is wel so dat Luiperds en ander roofdiere van die kat spesie sal terugkeer na waar maklike prooi te vinde is so miskien 'n volgende keer.

Ek het so twee mande gelede terwyl ek by vriende in Bettiesbaai gebraai het 'n kleinkol muskeljaatkat gewaar en vir die 'n stukkie half gebraaide hoende gegooi wat die gulsig kom opraap het. Die Kogelberg Biosfeer reservaat waarvan hierdie mooi roete deel is , is 'n wêreld erfenis gebied en mens kan net hoop dat dit bewaar sal word en nie te veel ontwikkel sal word nie sodat luiperds en bobbejane nog lank hier vry kan rondloop.

Foto bo: Afdraai paadjie net duskant Bettiesbaai op die R44. Let op die duisende verskillende skakerings van groen. Die Kaap het 'n winter reënseisoen.