Bergvliet is 'n voorstad naby die voorstede van Tokai en Constantia.John en Tana bied twee selfsorg woonstelle op hul erf aan vir vakansieverblyf of selfs vir jou sakebesoek aan Kaapstad. Die selfsorg woonstelle is gerieflik naby aan die M3 wat mens lei na of Muizenberg en Simonstad verder aan of na die Kaapstadse waterfront.
Daar is twee woonstelle wat apart of gesamentlik gehuur kan word. Die woonstelle slaap 'n maksimum van twee persone per woonstel.
'n Mimimum bespreking van 3 nagte is van toepassing.
Daar is toegang tot 'n gerieflike ruim buite braai sowel as 'n swembad.
Woonstel 1 is so klein bietjie groter as woonstel twee.
Beide woonstelle het elk 'n platskerm TV met DSTV.
Die sitkamers het 'n ooplan kombuis wat ten volle toegerus is. Die woonstelle het ook elk 'n wasmasjien. Indien benodig kan gereel word dat die woonstelle daagliks gediens word tydens jou vakansie teen 'n fooi.