Nuusbrief 2015-11-16 Weskus Kreefseisoen 2015/6 Hieronder is die datums waarop Kreef uitgehaal kan word. Kreef kan gevang word met Houtpale, uitgeduik word - slegs snorkel duik of met spesiale kreef fuike wat met bote of selfs met 'n kano uitgeroei word. Sommigge van die plaaslike inwoners gebruik selfs hul branderplanke in Kommetjie om die fuike uit te roei.
Die Weskus Kreef seisoen het vandag amptelik geopen en ook gesluit. Ongelukkig het hierdie dag vri my gekom en gegaan. Ek is seker dit was weer baie bedrywig in Kommetjie waar die jaarlikse Kreef seisoen ‘n groot aantal besoekers lok wat vir die spesifieke rede ons omgewing besoek. Selfs Ouma kry dan haar permit want permithouers is beperk to 4 krewe. Daar is ‘n Kreef fabriek net buite Kommetjie waar kwota houers reg deur die jaar Kreef vang, verwerk en uitvoer Dit is na my mening die eintlike rede vir die min Kreef wat beskikbaar is vir ontspanningsdoeleindes. Kom laat ons liewers nou nie politiek gesels nie. Hierdie 2015/6 seisoen is beperk tot slegs dae. ‘n Permit is steeds nodig en permithouers is beperk tot Krewe per person. Kreef mag slegs tussen 08:00 en 16:00 uiteghaal word. Die minimum grote is steeds 80 mm, die gedeelte agter die Kreef se kop. | |||||||||||||||||||||||||||||||||